Ouderdom is 'n sluitsteen kenmerk in dier bewaring waar ouderdoms klasse verskille toon in belangrike populasie maatstawwe soos morbiditeit en mortaliteit. Verskeie eienskappe, soos voortplantings potensiaal, toon ook aansienlike verandering met veroudering. Dus is die vermoë om ouderdom te bepaal vir individue binne 'n populasie krities tot die ontleding van huidige struktuur en toekomstige welstand. Verskeie metodes bestaan reeds vir ouderdom bepaling waarvan meeste gebruik maak van morfologiese kenmerke wat voorspelbare verandering toon met ouderdom. Hierdie metode vereis egter merkwaardige kennis en word minder akkuraat in volwassene klasse wat die mees krities is om te bepaal. Molekulêre metodes word reeds aangewend om kern populasie eienskappe te bepaal en meer onlangs is epigenetiese eienskappe soos metilering ondersoek as 'n biologiese merker vir ouderdom. Daar is egter verskeie faktore soos permitte, monster eienaarskap, en kostes wat die toepassing van huidige metilering metodes in 'n bewaring konteks mag inperk. Die huidige studie ondersoek die gebruiklikheid van ouderdom verwante verandering in metilering, soos gemeet deur massa‐skikking tegnologie, in kandidaat gene. Nuwe metodiek word beskryf vir die gebruik van ortologiese gene om teikens te identifiseer en skerm vir differensiële metilering. Om die spesifieke toepassing te illustreer is die Afrika jagluiperd as gevallestudie gebruik. Korrelasie analise het ses gemetileerde teikens ïdentifiseer met 'n ouderdoms verwante profiel wat ingesluit is in die ontwikkeling van 'n model vir ouderdom bepaling met genoegsame akkuraatheid vir meeste bewaring kontekste. Die model was meer akkuraat as voormalige proewe met PKR en het soortgelyk gevaar as ander kandidaat geen studies in verskeie soogdiere. Massa‐skikking bied dus 'n akkurate en bekostigbare metode om ouderdom te bepaal in wilde diere van belang vir bewaring. [ABSTRACT FROM AUTHOR]